FutureWorld

 

 


Iets drasties moet gedoen word om verarming to keer

Curt van Keyserlink skryf oor Wolfgang Grulke,
Sake Beeld, 21 May 1999


Skaf persoonlike belasting af. Verhoog BTW tot 35%. Vernietig werkgeleenthede in die vervaardingsbedryf. Verbreek Telkom se monopolie. Beëindig deelname deur die regering in die onderwys.

Dit is die voorstelle wat mnr. Wolfgang Grulke, 'n sakekonsultant en nie-uitvoerende direkteur van Citadel, doen aan mnr. Thabo Mbeki, die ANC se presidentskandidaat in die verkiesing, om Suid-Afrika op die wenpad te plaas.

Op die oog af klink Grulke se idees radikaal. Dit is egter niks anders a vryemark-begrippe wat toegepas word te midde van die ontploffing van inligtingstegnologie (IT) nie. En sy voorstelle oor die onderwys is idees van Prof. Milton Friedman, bekende Amerikaanse ekonoom en wenner van die Nobelprys.

Dit help egter om aan ou waarhede herinner te word, veral in die lig van Mbeki se voorstel vandeesweek dat 'n forum gestig moet word om beleggings van die buiteland to probeer lok. Iets meer ingrypends, meer konkreets en dapperder as sulke flouerige gebare is nodig om die verarming van die land te keer.

Grulke sê dit is goed dat Suid-Afrika so tussen 10 000 en 20 000 werkgeleenthede per maand verloor omdat dit 'n teken is van toenemende doeltreffendheid. Die regering is egter verkeerd om die werkgeleeenthede to probeer red omdat die behoefte daaraan nie meer bestann nie. China het 17 miljoen oortollige werkgeleenthede verlede jaar tot niet laat gaan as deel van 'n plan om mededingentheid te bevorder.

Grulke sê sulke werk word vernietig omdat die pryse van produkte wêreldwyd daal as gevolg van gevorderde tegnologie en strawwe mededinging. Git lei tot kleiner winsgrense, samesmeltings en afdankings.

Suid-Afrika kan nie daarvan wegkom nie en dit is nutteloos om teen dié stroom to probeer swem.

Hy wys daarop dat 3% van Amerika se arbeidsmag in die landbousektor werk teenoor 30% van Suid-Afrika se arbeidsmag.  Danksy sy hoë produktiwiteit is Amerki 'n netto uitvoerder van landbouprodukte terwyl Suid-Afrika nie eens sy eie bevolking kan voed nie. Verskeie Amerkikaanse landbouprodukte, byvoorbeeld tamaties, is goedkoper in Suid-Afrika as dié wat hier gekweek word.

Grulke sê verskeie stappe is nodig om Suid-Afrika op die wenpad te plaas. "As president moet Mbeki ná die verkiesing aan Suid-Afrikaners sê dat die 'ou' werkgeleenthede vir ewig weg is, dat nuwe spelreëls nou geld en dat werkloosheid aanvanklik gaan styg voor dit afneem".

Dit sal lei tot nog skole soos dié wat tans werk in inligtingstegnologiefirmas waarborg aan alle studente wat hul eksamens slaag. Grulke sê met so 'n stelsel sal duisende swak onderwysers in die pad gesteek word, maar goeie onderwysers sal tussen R15 000 to R30 000 per maand kan verdien.

BTW en ander verkoopsbelasting is makliker en goedkoper om in te vorder. Grulke sê so 'n voorstel sal lei tot 'n vermindering van duisende oortollige werkers by die SA inkomstediens.

Die inwerkstelling van Grulke se voorstelle kan 'n opstand veroorsaak. Daar sal egter 'n tyd kom wanneer die regering die strukturele probleme van Suid-Afrika moet aandurf en sy mense eerlik daaroor inlig.

Die verarming van die bevolking, wat twee dekades gelede begin het, duur nog voort. Dit gebeur ongeag die opheffing van sanksies, wat as die doodsklok vir die apartheidsekonomie beskou is, en ongeag meer verantwoordelike fiskale en monetêre bestuur as onder die vorige bewind.

Iets radikaals moet gedoen word.

 

 

Copyright FutureWorld 1999 All Rights Reserved